Friday 17 June 2011

Windows in Afrikaans

Hierdie is tien teen een die maklikste manier om jou rekenaar in Afrikaans te kry, en baie opwindend ook!

Ja, dit is moontlik om Windows in Afrikaans te gebruik, en nee, dit is nie moeilik om aan  gewoond te raak nie. Studies bewys dat dit voordelig is om jou rekenaar in jou moedertaal te gebruik, selfs al het jy gewoond geraak aan 'n ander taal. Ek daag jou uit om dit te probeer! Gee dit so week en dan sal selfs die Engels weer vreemd voel.
In hierdie artikel gaan ons kyk hoe om Windows 7 in Afrikaans te kry! Indien jy nog XP of Vista gebruik, kan jy hier klik vir meer inligting oor XP of hier klik vir meer inligting oor Vista.

Eerstens moet ons gou uitvind of jy tans die 32-bis-of die 64-bis-weergawe van die Windows 7 op jou rekenaar het. Indien jy weet watter een jy het, beweeg na stap 3.

  1. Klik op "Start", regs klik op "My Computer" en klik "Properties".
  2. Soek vir die "System Type" onder "System". Dit sal aandui of jou Windows 7 ’n 32-bis-bedryfstelsel of ’n 64-bis-bedryfstelsel is.
  3. Maak hierdie skakel oop.
  4. Heel onder op die webblad is daar twee lêers (LIP_af-ZA-32bit.mlc en LIP_af-ZA-64bit.mlc). Laai die regte lêer af (32bit of 64bit) deur die "Aflaailêer" knoppie langs die lêer te druk.
  5. Wag totdat die lêer klaar afgelaai is en dubbel klik die lêer in explorer. Die rekenaar sal die lêer dan outomaties installeer en jou rekenaar na Afrikaans toe verander.
  6. Herbegin die rekenaar en daar het jy dit... Windows 7 in Afrikaans!

Jy sal oplet dat jou rekenaar se horlosie en kalender nog nie in Afrikaans is nie, om dit in Afrikaans te kry, doen die volgende:

  1. Regsklik die horlosie regs onder op jou skerm en klik op "Verstel datum/tyd"
  2. Klik op "Verander datum en tyd..."
  3. Klik op "Verander kalender-instellings"
  4. Klik "Kanselleer"
  5. Onder die oortjie Formate, Formaat: kies "Afrikaans (South Africa)"
  6. Onder die oortjie Ligging, kies "South Africa"
  7. Onder die oortjie Sleutelborde en Tale, Vertoontaal, kies Afrikaans.
  8. Laastens, onder die oortjie Administratief, klik op "Verander Stelsellokaliteit..." en kies weereens "Afrikaans (South Africa)"
Indien jy versoek word, herbegin die rekenaar. En daar is jou hele rekenaar nou in Afrikaans!

Indien jy enige probleem ondervind met die installasie, kan jy gerus jou vraag hier onder as kommentaar los, of met ons in aanraking kom op die Afrikaanse klets kanaal.
Voorspoed en Geniet!
Die Span
Vertaal na Afrikaans
Geskryf deur Bernhard Breytenbach
Geredigeer deur Hügo Krüger, Ryno Coetzer en Sanel Volschenk

1 comment:

  1. Geagte Mnr. Bernhard Breytenbach,

    Ek het Windows 7 Ultimate. Gebruiker 1 is Duits. Gebruiker 2 is Afrikaans en Gebruiker 3 is Engels.
    By Gebruiker 1 is alles in Duits en by Gebruiker 2 is alles in Afrikaans, ook die Datum en tyd (24 ure tyd) en natuurlik ook die dag soos Vrydag 10 Januarie 2014 16:16 20 so staan dit onder regs by Gebruiker 2. Gebruiker 3 het alles in Engels.

    My Microsoft Home & Student 2013 werk ook in Duits, Afrikaans en Engels.
    Maar my Microsoft Explorer 11 het net Duits en Engels. Indien ek vir meer tale druk kry ek Duits (Oostenryk) ens. en Engels (USA) ens. maar geen ander taal nie en GEEN AFRIKAANS nie!
    Indien ek nou `n e-pos skryf, soos nou, is amper alles rooi onderstreep want die Microsoft Outlook het geen Afrikaans nie.
    Indien ek `n e-pos in Afrikaans will skryf moet ek dit by gebruiker 2 doen met die Firefox, Daar het ek Afrikaans.
    Ek het aan Microsoft geskryf maar hulle het my verwys na die Nederlandse Microsoft. Miskien het hulle aangeneem dat ek `n Niederlands geskryf het?
    Maar ek het ook `n skrywe van Microsoft ontvang dat ek my Diensverskaffer moet vra dat ek die Speltoetser van die Internet kan aflaai. Ek het vir MWEB gevra, maar tot vandag, nog geen antwoord ontvang.
    Ek sal dit baie waardeur om `n Speltoetser in Afrikaans te kry want ek maak beslis baie foute aangesien Afrikaans baie kere naby Duits is.
    By voorbaat, baie dankie vir al u moeite.
    Met vriendelike groete
    Werner Krehl
    Werner.Krehl@4Afrikaans.com

    ReplyDelete

Maak jou stem dik! Los jou kommentaar hieronder!