![]() |
LibreOffice 3 - Beginskerm (Klik om te vergroot) |
LibreOffice
is 'n gratis oopbron pakket, geproduseer deur “The
Document Foundation”. LibreOffice is gebaseer op die bekende OpenOffice
pakket en lyk en werk baie dieselfde, met een verskil – meer
ontwikkeling. Dit beteken beter gehalte sagteware.
Hoe om LibreOffice in Afrikaans te kry:
- Laai LibreOffice gratis af by http://www.libreoffice.org, of direk by http://download.documentfoundation.org/libreoffice/stable/3.3.2/win/x86/LibO_3.3.2_Win_x86_install_all_lang.exe.
- Om die program in Afrikaans te gebruik, moet ons eers 'n paar veranderings maak. Tydens die installasie, by die stap "Setup Type”, kies die opsie "Custom" en klik "Next". Kies Afrikaans by die "Additional Language Packs" lys en gaan voort soos normaal. (Jy kan ook Sotho, Khoza of Zoeloe hier kies indien jy een van die ander Suid-Afrikaanse tale magtig is).
- Wag tot die program klaar geïnstalleer het (ongeveer 5 minute), en begin LibreOffice Writer deur die LibreOffice ikoon op jou werkskerm (Desktop) te dubbel klik en dan LibreOffice Writer te kies wanneer dit die opsie gee.
- Wanneer die sagteware oop is, klik bo op "Tools" en dan "Options".
- Gaan na "Language Settings" en dan "Languages"; in die opsielys langs die opskrif "User Interface" kies Afrikaans (South Africa). Kies ook hierdie opsie in die opsielys langs "Local Setting". Klik dan op die “OK” knoppie.
- Maak die program toe en weer oop. En daar het jy dit! 'n Gratis plaasvervanger vir Microsoft Office in jou moedertaal, met 'n gratis Afrikaanse speltoetser.
Let daarop dat
LibreOffice dokumente in die “Open Document” formaat stoor - 'n
internasionaal erkende formaat. Dit is wel moontlik om dokumente in die
Microsoft Office 2003 en 2007 formaat te stoor. Kies net "Lêer" en "Stoor as" en kies dan die gekose formaat in die "Save as type"
lys. Dit is handig as jy beplan om dokumente aan ander mense oor te dra
of te stuur wat gebruik maak van ander sagteware. Microsoft Office 2010
kan wel die “Open Document” formaat opmaak en daarin stoor so dit is
net nodig vir diegene wat gebruik maak van ouer weergawes.
Dit is ook soms moeilik om nuwe sagteware te leer gebruik. LibreOffice het ook 'n Afrikaanse "Help Pack", maar jy sal dit eers apart moet aflaai en installeer - dit kom nie saam met die program nie. Jy kan dit direk vanaf http://download.documentfoundation.org/libreoffice/stable/3.3.2/win/x86/LibO_3.3.2_Win_x86_helppack_af.exe aflaai en dan installeer. Druk "F1" om die "Help Pack"
te gebruik. Jy sal merk dat ons LibreOffice 3.3.2 gebruik en nie 3.4.0,
omrede daar nog nie dokumentasie vir 3.4.0 beskikbaar is nie.
Jy kan meer te wete kom oor LibreOffice op die Afrikaanse Wikipedia by http://af.wikipedia.org/wiki/LibreOffice
Volg ons op Twitter (@VertaalAfr), Facebook, of teken aan by ons webjoernaal. Jy is ook meer as welkom om lekker saam ons te klets in ons kletskamer!
Voorspoed en Geniet!
Die Span
Vertaal na Afrikaans
Geskryf deur George Stevenson
Geredigeer deur Bernhard Breytenbach, Hügo Krüger en "user"
No comments:
Post a Comment
Maak jou stem dik! Los jou kommentaar hieronder!