Wednesday 1 June 2011

Wie is ons

Vertaal na Afrikaans is 'n Afrikaanse gemeenskap met die doel om Afrikaans te ontwikkel en te gebruik. Die gemeenskap is vir almal iemand vat Afrikaans kan praat!

Bernhard Breytenbach, die stigter van Vertaal na Afrikaans, was verstom om te hoor mense weet nie dat hulle hul rekenaar en ander tegnologie in Afrikaans kan gebruik nie. Hy het toe besluit om hierdie groep te stig om die Afrikaanse gemeenskap saam te trek en om Afrikaans te bevorder en te beskerm deur die volgende probleme te adresseer:
  1. Die gemeenskap bewus te maak van huidige Afrikaanse projekte.
  2. Die gemeenskap aan te moedig om verskeie programme, webwerwe, en ander produkte in hul moedertaal te gebruik.
  3. Om die gemeenskap deel te maak in besluite wat die toekoms van die taal bepaal. (Dit is jou taal, dit is jou keuse)
  4. Om onvertaalde begrippe maklik te vertaal deur die opinie van die gemeenskap in ag te neem.
  5. Om vertaling vinnig, maklik en akkuraat te maak deur die gemeenskap te kry om saam te werk aan een projek op 'n slag as die huidige 'een persoon wat alleen op 7 projekte werk'.
  6. Om besluite vas te vang sodat hul weer later gebruik kan word.
  7. Belangrike dokumente en programme te vertaal en te gebruik.
Daar is dus verskeie vlakke wat lede kan betrokke raak by Vertaal na Afrikaans om hul eie lewe te verbeter, en die gemeenskap op te bou.

Vertaal na Afrikaans is tans besig om die webwerf te skep wat meeste van hierdie moontlik sal maak. Ons beplan om hierdie gereed te hĂȘ in Agustus 2011. Indien jy belangstel om aktief betrokke te word by die projek self of indien jy enige vrae het, kontak Bernhard Breytenbach gerus by bernhard@vertaalafrikaans.za.net

In die tussentyd, sluit aan by ons Facebook blad, volg ons op Twitter, volg ons webjoernaal, en kyk uit vir enige interessante nuus van hoe om jou lewe 'n bietjie meer Afrikaans te maak!

Groete,
Vertaal na Afrikaans

1 comment:

  1. Hallo

    Ek soek 'n afrikaanse Thesaurus. Ek het dit nodig vir blokkiesraaisels ( sien http://www.puzzlefoundry.com/crossword/showCrossword?xwid=1035 )

    ReplyDelete

Maak jou stem dik! Los jou kommentaar hieronder!