Hierdie is tien teen een die maklikste manier om jou rekenaar in Afrikaans te kry, en baie opwindend ook!
Ja,
dit is moontlik om Windows in Afrikaans te gebruik, en nee, dit is
nie moeilik om aan gewoond te raak nie. Studies bewys dat dit voordelig
is om jou rekenaar in jou moedertaal te gebruik, selfs al het jy
gewoond geraak aan 'n ander taal. Ek daag jou uit om dit te probeer! Gee
dit so week en dan sal selfs die Engels weer vreemd voel.
In hierdie artikel gaan ons kyk hoe om Windows 7 in Afrikaans te kry! Indien jy nog XP of Vista gebruik, kan jy hier klik vir meer inligting oor XP of hier klik vir meer inligting oor Vista.
Eerstens
moet ons gou uitvind of jy tans die 32-bis-of die 64-bis-weergawe van
die Windows 7 op jou rekenaar het. Indien jy weet watter een jy het,
beweeg na stap 3.
- Klik op "Start", regs klik op "My Computer" en klik "Properties".
- Soek vir die "System Type" onder "System". Dit sal aandui of jou Windows 7 ’n 32-bis-bedryfstelsel of ’n 64-bis-bedryfstelsel is.
- Maak hierdie skakel oop.
- Heel onder op die webblad is daar twee lêers (LIP_af-ZA-32bit.mlc en LIP_af-ZA-64bit.mlc). Laai die regte lêer af (32bit of 64bit) deur die "Aflaailêer" knoppie langs die lêer te druk.
- Wag totdat die lêer klaar afgelaai is en dubbel klik die lêer in explorer. Die rekenaar sal die lêer dan outomaties installeer en jou rekenaar na Afrikaans toe verander.
- Herbegin die rekenaar en daar het jy dit... Windows 7 in Afrikaans!
Jy
sal oplet dat jou rekenaar se horlosie en kalender nog nie in Afrikaans
is nie, om dit in Afrikaans te kry, doen die volgende:
- Regsklik die horlosie regs onder op jou skerm en klik op "Verstel datum/tyd"
- Klik op "Verander datum en tyd..."
- Klik op "Verander kalender-instellings"
- Klik "Kanselleer"
- Onder die oortjie Formate, Formaat: kies "Afrikaans (South Africa)"
- Onder die oortjie Ligging, kies "South Africa"
- Onder die oortjie Sleutelborde en Tale, Vertoontaal, kies Afrikaans.
- Laastens, onder die oortjie Administratief, klik op "Verander Stelsellokaliteit..." en kies weereens "Afrikaans (South Africa)"
Indien jy versoek word, herbegin die rekenaar. En daar is jou hele rekenaar nou in Afrikaans!
Indien
jy enige probleem ondervind met die installasie, kan jy gerus jou vraag
hier onder as kommentaar los, of met ons in aanraking kom op die
Afrikaanse klets kanaal.
Voorspoed en Geniet!
Die Span
Vertaal na Afrikaans
Geskryf deur Bernhard Breytenbach
Geredigeer deur Hügo Krüger, Ryno Coetzer en Sanel Volschenk